7de Laan verwelkom graag Linda Sokhulu by die Seisoen 23 rolverdeling van 7de Laan. Linda gaan die rol vertolk van Boitumelo (Tumi) Selepe wat op 27 Januarie 2022 haar debuut maak.
Oor die karakter – Boitumelo (Tumi) Selepe
Tumi is 'n welsprekende, selfversekerde en selfgeldende vrou uit 'n ryk familie. Sy is die jongste van vier broers en susters, wat haar ma op die jong ouderdom van 7 jaar oud verloor het. Haar pa, 'n poligamis, bestuur talle suksesvolle besighede waarby haar broers en susters betrokke is, maar Tumi het 'n ander pad gekies en gekies om verder te studeer. Sy is 'n gekwalifiseerde Mediese Dokter en is die ambisieuse vrou wat sy is - sy het teruggegaan universiteit toe en studeer om 'n gekwalifiseerde prokureur te word.
Tumi se verhoudingsrekord is nie die mees romantiese nie, om die waarheid te sê, een het daartoe gelei dat sy haar man se twyfelagtige handelinge blootgelê het toe haar sterk morele etiek haar nie sou toelaat om anderpad te kyk nie. Sy het sedertdien van hom geskei.
Tumi gaan Hillside binne op soek na antwoorde oor haar ma se dood wanneer iets wat haar pa se eerste vrou sê haar aanspoor om dieper na die saak te kyk. Tumi hoop desperaat dat haar ouma, 'n ongesiene maar bekende gunsteling in Hillside, lig op die situasie sal werp. Sy vestig haar in Hillside en bou sterk verhoudings, maar bly vasbeslote om die raaisel oor haar verlede op te los.
Moenie vergeet om elke weeksdae 18:00 op SAUK 2 misloop nie.