Dokter Ali op April maand terug wees vir die tweede seisoen

Dokter Ali is vir twee maande op produksiebreek, maar die tweede seisoen sal op 18de April terug op eExtra verskyn. Dis moontlik, Seisoen 1 en 2 sou saam gespeel het. Seisoen 1 is nou beskikbaar op eVOD se aanlyn stroom diens, Miskien sal hulle ook Seisoen 2 kan laai voor dit op televisie verskyn.

Oor wat gaan Dokter Ali?

Dit gaan oor 'n ou wat met outisme gediagnoseer is, hy het deur sy lewe met baie probleme te kampe gehad weens sy spesiale toestand. Toe hy 'n klein kind was, het hy geen vriend gehad nie en gely onder die afknouery van die buurtkinders. Daarom moes sy ouer broer heeltyd vir hom sorg. Een van hierdie kere is sy ouer broer oorlede terwyl hy probeer het om buurtkinders te oorreed om met hulle te speel. Daarna is Ali die skuld gekry vir die dood van sy ouer broer en is hy deur sy familie verlaat.

 Met hierdie oproep reis Ali vir die eerste keer in sy lewe na Istanbul. Toe hy by die lughawe aankom, bevind hy homself in die middel van 'n noodgeval. Een kind word ernstig beseer deur 'n stuk glas wat van die plafon afval. Ali doen die noodhulp suksesvol, voer operasie uit net deur die kennis wat hy uit mediese boeke opgedoen het, en red die kind se lewe.

 In dié tyd teken mense by die lughawe sy operasie op en deel dit as ’n wonderwerk op sosiale media. Ali kan weens dié noodgeval nie betyds na sy onderhoud gaan nie.

 Intussen wil die direkteure van die hospitaal nie Ali vir ’n opleiding aanvaar nie. Hulle sien egter die video op sosiale media wat handel oor Ali se uitvoering van noodhulp by die lughawe. Ook kom die joernaliste na die hospitaal en soek Ali. Weens die positiewe publisiteit op sosiale media en op TV het die hospitaaldirekteure geen ander keuse as om Ali vir opleiding te aanvaar nie.


 Dokter Ali rolverdeling:
 Taner Olmez as Dokter Ali 
 Onur Tuna as Dokter Ferman 
 Sinem Unsal as Dokter Nazli 
 Hazal Turesan as Beliz 
 Ozge Ozder as Kivilcim
 Murat Aygen as Dokter Tanju 
 Firat Altunmese as Dokter Demir
 Hayal Koseoglu as Verpleegster Acelya
 Bihter Dincer as Dokter Selvi
 Korhan Herduran as Gunes
 Merve Dizdar as Damla
 Reha Ozcan as Dokter Adil

Volg asseblief vir KuierTyd op Facebook en Twitter-blad vir meer inligting.

LEES OOK:

No comments:

Post a Comment

Marita van der Vyver se boekresensies word 'n TV-reeks

Die nuwe drama reeks Dinge van 'n Kind wat op Projek Dina vervang sal vanaf Dinsdag 10de Mei op kykNET (DStv 144) begin. Dis...